ekosentrisme — Afrikaans

’n Filosofie, of denkwyse, waarin die omgewing die sentrale focus is, terwyl menslike belange soos tegnologiese en ekonomiese vooruitgang van baie minder belang is. Dit is ’n effens ekstremistiese uitgangspunt en word dikwels gepolitiseer. Dit is ’n filosofie wat aangehang word deur ’n wye verskeidenheid omgewingsgesindes en omgewingsorganisasies. Die ekosentriste varieer van die effens linksgesinde groepe (soos Earthlife Africa), tot die meer radikale aktiviste van Greenpeace, tot die hoogs gepolitiseerde, meer duistere groepe omgewingsekstremiste (soos Earth First! en die Environmental Liberation Front van die 1980’s), en selfs tot geheime organisasies van gewelddadige omgewingsterroriste. Die ekstreme uiteinde van ekosentrisme as ’n filosofie is die Diep-ekologiedenkskool wat streef na die bevestiging van groenregte, en ’n eenvoudige, nie-tegnologiese, nie-materialistiese, nie-verbruikende leefwyse propageer.