eko-herberge — Afrikaans

Plekke of bestemmings wat eko-toeriste kan besoek en verblyf kan vind terwyl hulle die natuurlike omgewing geniet (kyk “destination”). In die strengste sin van die ekotoerisme-filosofie behoort hierdie ondernemings geen impak op die omgewing te maak nie. Dit impliseer geen elektrisiteit, geen motorvoertuie, geen permanente boustrukture, geen lawaai en definitief geen luukse gemaksgeriewe soos lugversorging nie, en ’n streng verbod op persoonlike luukse items soos reukweerders en sigarette. Staptoere in natuurgebiede met geen moderne geriewe, bereik min of meer die ware eko-toerisme ideaal, terwyl die buitensporige duur dag-besoeke aan die Galapagos-eilande byna die ideaal bereik. Maar die meeste ekotoeriste is welgestelde mense en hulle wil nie “ontbeer” en met minder as wat hulle aan gewoond is, klaarkom wanneer hulle die natuur geniet nie. Die sogenaamde eko-hergerge, waarvan daar honderde oral oor die wêreld is, bied die welgestelde toeris wat dit kan bekostig, vyfster-akkommodasie, alle moderne geriewe en al die persoonlike vertroetelings denkbaar, maar teen ’n baie hoë prys. Danksy wildbesigtigingstoere, spesiaal toegeruste uitkykpunte en luukse skuilings (hides), kan die gaste die natuur en die wilde diere beskou, sonder om enige van hulle normale geriewe te ontbeer. Tot die krediet van die eko-toerisme bedryf as ’n geheel, is daar sommige eko-herberge wat ’n prysenswaardige poging aanwend om so min impak as moontlik op die omgewing te hê. Sekere van die eko-herberge in die Okavango-delta in Botswana asook enkele vyfster eko-herberge in Suid-Afrika is uitstaande voorbeelde hiervan.