kanalisering — Afrikaans

Water wat ongekanaliseer oor die hellings van die aardoppervlak vloei en by die laagste punt ineenvloei om ’n stroom of rivier te vorm. Reënwater wat nie in die grond of substratum (onderliggende gesteentes) insyfer nie, vloei afwaarts oor die oppervlak as oppervlakvloei, of bladvloei (of oorlandvloei). Ongekanaliseerde oppervlakvloei in die vorm van bladvloei voer partikels van die bogrond en verweringsreste saam. By die basis van die helling ontmoet al die water en die produkte wat deur bladvloei aangevoer is. Alles verenig om ’n gekanaliseerde stroom te vorm. Die volume en momentum plus die vrag wat vervoer word, is ’n hoogs effektiewe erosie-agent (kyk “erosion”) wat uiteindelik ’n kanaal vorm waar dit met die minste weerstand kan vloei. Kanaalvloei (of gekanaliseerde vloei) verrig erosie deur middel van etlike erosieprosesse, naamlik korrosie, abrasie, attrisie en oplossing (kyk “weathering”) en oor duisende of miljoene jare skep dit ’n gedefinieerde stroomkanaal. Let daarop dat gekanaliseerde vloei ’n vorm van oorlandvloei (oppervlakvloei) is omdat dit op die oppervlak plaasvind hoewel dit tot ’n spesifieke kanaal beperk is. (Kyk “drainage basin”.)