ekonomiese groei — Afrikaans

Die finansiële vooruitgang van ’n land of ’n streek. Dit is gewens dat finansiële verandering positief sal wees en dat die gemiddelde inkomste en algemene welstand van die mense in die land of streek dienooreenkomstig sal verbeter. Ongelukkig is dit nie altyd die geval nie. Ná die ineenstorting van die internasionale aandelebeurse in 2008, het ’n aantal van die ontwikkelde state (kyk “development” en “developing countries”) geen finansiële groei beleef nie en hulle finansiële invloed het verdwerg of byna verdwyn. Dit is negatiewe ekonomiese groei. Baie mense het hulle werk verloor, die state self kon nie hulle skuld betaal nie, en hulle ekonomieë het byna stagneer. Tog was daar sekere ontwikkelende state (Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika) wat minder geraak was deur die eeninstorting van die internasionale markte en hulle het te voorskyn getree as vinnig-groeiende ekonomieë. Ekonomiese groei kan op verskeie maniere gemeet word, naamlik as die per kapita BNP (kyk “development” en “developing countries”), die gemiddelde per kapita inkomste van die mense in die gemeenskap, die werkloosheidsyfers, die aantal werkloses wat jaarliks een of ander vorm van sosiale ondersteuning moet ontvang, ensomeer. ’n Mens moet egter die grootte van die ekonomieë in gedagte hou. ’n Daling van een persent in die ekonomiese groei van die Verenigde State van Amerika het ’n veel wyer en meer ernstige invloed as ’n een persent daling in Suid-Afika se ekonomiese groeikoers. Tans is die vinnigste groeiende ekonomieë dié van die sogenaamde BRICS-lande, wat Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika insluit.