ekologiese burgerskap — Afrikaans

Die kwaliteit van mense se houding en seining van die omgewing. Elke mens op Aarde is in die breedste sin ’n burger van die omgewing. Sommige van ons is “goeie” ekologiese burgers wat ons bes probeer om ’n omgewingsvriendelike lewe te leef en so ’n klein ekologiese voetspoor as moontlik te maak (kyk “ecological footprint”). Ander steur hulle glad nie aan hulle ekologiese voetspoor nie en probeer nie doelbewus om hulle impak op die omgewing te beperk nie. In hierdie tydsbestek van hoë tegnologiese ontwikkeling, materialisme en ’n verbruikerslewenstyl waarin baie van ons vandag leef, is goeie ekologiese burgerskap nie eintlik ’n prysenswaardige eienskap nie. ’n Paar honderd jaar gelede het mense ’n eenvoudige, nie-tegnologies gedrewe, bestaansekonomie gehandhaaf. Hulle het in harmonie met die seisoene, die onvoorspelbaarheid van die weer, die natuurlike vrugbaarheidsherstel van die grond, en die natuurlike herstelvermoë van al die organismes in die ekosisteem geleef. Tydens die Industriële Revolusie het alles verander (kyk “industrial revolution”). Deesdae kan baie min mense as “goeie” ekologiese burgers beskryf word. Die Omgewingsbeweging het in die 1960’s begin (kyk “ecological niche”) toe wetenskaplikes begin besef het dat die omgewing deur menslike aktiwiteite verwoes word. Omgewingswetgewing is ingestel, eers in die Verenigde State van Amerika, daarna in Kanada en later in byna alle lande in die wêreld, insluitend Suid-Afrika. Die doel was om die menslike impak op die omgewing te reguleer (kyk “environmental management”). Op ’n sekere manier “dwing” dit almal om goeie ekologiese burgers te wees. Tot dusver oorskry die mislukkings van omgewingsregulering verreweg die suksesse. Kortom, die huidige geslagte is nie regtig goeie ekologiese burgers nie. Ten spyte van al die internasionale en nasionale omgewingswetgewing, word die omgewing steeds onrusbarend negatief beïnvloed, tot so ’n mate dat die geslagte wat ná ons kom, definitief ’n geheel ander omgewing sal erf as die een wat ons geërf het.