bestemming — Afrikaans

’n Plek waarheen mense (toeriste) gaan om vir ’n kort tydperk van ’n dag of ’n week of twee, vakansie te hou, sporttoernooie of konferensies by te woon, mediese behandeling te ontvang, werksverpligtinge na te kom of studieverantwoordelikhede uit te voer. Sekere plekke in die wêreld is besonder aantreklik vir, en gewild by, kort-termyn besoekers. Sulke plekke kan as primêre toeristebestemmings bestempel word. Voorbeelde van sulke plekke is Kaapstad en die Kruger Nasionale Park in Suid-Afrika; die strande van Hawaii en Rio de Janeiro (veral ten tye van die jaarlikse karnaval!); Disneyland en Las Vegas in die Verenigde State van Amerika; Bundi Beach in Australië; die strande van Bali en Phuket; Yosemite National Park in die VSA; Serengeti in Tanzanië; die Okavango-delta in Botswana; Londen en Parys met al hulle geskiedkundige geboue; Elvis Presley se huis genaamd “Graceland” in Memphis,Tennessee (VSA); die Wieg van die Mensdom Wêrelderfenisterrein in Gauteng; selfs Antarktika het onlangs ’n gewilde toeristebestemming vir welgestelde reisigers geword. Godsdienspelgrims besoek sekere heilige plekke soos Mekka en Jerusalem en die Vatikaan in Rome, en hierdie stede word ook as korttermyn toeristebestemmings beskou. Maar daar is ook ander plekke wat as “bestemmings” beskou kan word. Dis egter nie korttermyn bestemmings nie want die mense spandeer lang periodes daar indien hulle daar werk kan kry (kyk “refugees” hieronder). ’n Voorbeeld hiervan is die menigte migrante uit Afrika-state soos Malawi, Zimbabwe en die Demokratiese Republiek van die Kongo wat – wettig of onwettig – na Gauteng en Limpopo Provinsie stroom in die hoop om hier werk te kry sodat hulle ’n bestaan kan maak. (Kyk “attraction”.)