demografiese data — Afrikaans

Statistieke wat die eienskappe van ’n bevolking beskryf. ’n Verskeidenheid statistieke kan vir hierdie doel gebruik word, naamlik gemiddeldes, persentasies, kwartiele, persentiele, ensovoorts. Voorbeelde van sulke statistieke is: die totale aantal mense wat in ’n land, streek of dorp woon; die persentasie vroulike individue in die bevolking; die gemiddelde ouderdom van die manlike individue in ’n bevolking; die persentasie kinders jonger as 15 jaar in ’n sekere groep mense (’n bevolking); die kindersterftesyfer in ’n bevolking; en menige ander. Hierdie syfers dra baie uiters bruikbare inligting in verband met ’n bevolking oor. Geograwe gebruik verskillende visuele voorstellingstegnieke soos staaf- of kolomgrafieke, sirkelsektordiagramme, bevolkingpiramiedes en choropleetkaarte om die demografiese eienskappe van ’n bevolking te beskryf. (Kyk “choropleth map” en “thematic map”.)