klassifikasie — Afrikaans

Klassifikasie is die kategorisering van ruimtelike objekte gegrond op hulle eienskappe. Numeriese sowel as nie-numeriese data kan geklassifiseer word. Nie-numeriese data sluit grondgebruike in. Verskeie kleure kan gebruik word om bepaalde grondgebruike aan te dui (verskillende skakerings van groen kan byvoorbeeld woude en bewerkte landerye aandui). Numeriese data kan in groepe geklassifiseer word deur die omvang van elke groep te spesifiseer.