seldimensie — Afrikaans

Seldimensies word deur die lengte van die sye van vierkantige selle omskryf wat in rasterdatastelle gebruik word. Die dimensie bepaal die resolusie van die rasterkenmerk. ’n Voorbeeld is die resolusie van satellietbeelde. Die Landsat TM het ’n resolusie van 30 m by 30 m. Dit beteken dat die beeldelementgrootte (pikselgrootte) van die beeld 30 m in lengte en 30 m in breedte is.