kartesiese koördinate — Afrikaans

Die waarde van ’n punt op die x-as en die waarde van dieselfde punt op die y-as van ’n gewone grafiek word die Kartesiese koördinate van die punt genoem. ’n Kartesiese asstelsel word in wiskunde en in byna alle ander wetenskappe gebruik, maar dit geld alleenlik vir ’n plat oppervlak en nie vir die aardoppervlak nie, want die aardoppervlak is nie ’n plat vlak nie, maar ’n geboë een. Geograwe gebruik Kartesiese asstelsels en ruitnette deurentyd, maar kan dit nie gebruik word om die absolute ligging van ’n punt op die Aarde te beskryf nie. Geograwe moes ’n ander stelsel uitwerk om die absolute ligging van enige punt op Aarde te beskryf, en het toe die geografiese ruitnet van breedtegrade en lengtegrade ontwerp. Absolute geografiese ligging word deur middel van breedte- en lengtegrade beskryf, dit wil sê breedte- en lengtekoördinate. (Kyk “absolute location” onder “location” en “geographical coordinate system”.)