verwering — Afrikaans

Die chemiese en/of meganiese verbrokkeling van gesteentes en gesteentefragmente na kleiner brokstukke of na opgeloste stowwe in ’n watermassa. (Kyk “erosion”.) Verwering vind voortdurend oral op Aarde in alle klimate plaas. Meganiese verwering (disintegrasie) sluit nie chemiese prosesse in nie en verander dus nie die chemiese samestelling van die verweringsreste nie. Chemiese verwering (dekomposisie) sluit wel chemiese prosesse in en die verweringsreste het dus ’n ander chemiese samestelling as die moedermateriaal. Verwering sluit nie die wegvoering van die verweringsreste in nie. (Kyk “erosion”.)