weer — Afrikaans

Die atmosferiese sirkulasie-, temperatuur-, en neerslagpatrone by ’n spesifieke plek vir ’n kort tydperk soos ’n paar dae of selfs ’n paar uur. Deesdae is korttermyn weervoorspellings so akkuraat dat ons inligting oor die verwagte maksimun- en minimumtemperature vir daardie spesifieke dag kan bekom. Die sonskyn, reënval, sneeu en bewolktheid wat ons buite die venster kan sien, is die weer vir daardie plek en op daardie tyd. Dit verskil van klimaat daarin dat klimaat ’n langtermyn toestand is. Klimaat is die gemiddeld van die gerapporteerde weertoestande oor ’n lang termym soos 20 of verkieslik 35 jaar. (Kyk “climate”.)