waterskeiding — Afrikaans

Die grens tussen twee aangrensende dreineringskomme (kyk “drainage basin”). In die landskap is dit ’n denkbeeldige lyn wat al die hoogste punte tussen twee dreineringskomme verbind. Reën wat aan die een kant van denkbeeldige lyn val, vloei in een rigting, en water wat aan die ander kant van die lyn val, vloei in die ander rigting. Dikwels is dit uiters moeilik om in die landskap self te sien, maar gravitasie verseker dat elke waterdruppel presies sal “weet” na watter kant dit moet vloei. Op ’n kontoerkaart kan ’n waterskeiding maklik ingeteken word deur die hoogste punte deur middel van ’n lyn met mekaar te verbind. Interpolasie word gebruik om vas te stel wat die hoogte tussen enige twee punte of kontoerlyne is (kyk “interpolation”).