bioom — Afrikaans

’n Groot, globale ekosisteem (kyk “ecosystem”). Elke bioom se naam is afkomstig van die dominante tipe natuurlike plantegroei waardeur dit gekenmerk word. Dus is daar, onder andere, gematigde grasland-, toendra-, keëldraende woud- en warm-woestynbiome. Die belangrikste faktore wat die aard van ’n bioom bepaal, is die klimaat en die grondtipe. ’n Bioom kan oor ’n hele kontinent of ’n groot gedeelte daarvan strek. Vergelykbare biome kom op ’n aantal kontinente voor, byvoorbeeld warm woestyne wat in Australië, Asië, Afrika, Noord- en Suid-Amerika voorkom. Koue woestyne en toendras kom in Europa, Asië, Noord-Amerika en die suidelike uiteindes van Suid-Amerika voor. Savannas, graslande, ekwatoriale woude en tropiese ooskus-woude kom op ’n hele aantal kontinente en in ’n opvallende groot gebied van Afrika voor.