vervoerprobleme — Afrikaans

Probleme wat mense het om hulleself of goedere vanaf punt A na punt B te verskuif. Natuurlike landskapstrekke soos lang afstande, bergreekse en waterliggame skep vervoerprobleme wat deesdae met behulp van moderne tegnologie meestal oorkom kan word. Maar ’n vulkaniese uitbarsting kan vulkaniese stof vrystel wat vir dae of weke in die atmosfeer kan vertoef en spuitmotoraangedrewe vliegtuie kan nie daarin vlieg nie. ’n Vulkaanerupsie in Ysland in 2012 het internasionale lugverkeer vir weke ontwrig. ’n Ontspoorde trein kan streeksverkeer weke lank ontwrig. Plaaslike vervoerprobleme in die vorm van verkeersknope word daagliks deur miljoene mense oral in die wêreld trotseer. In Suid Afrika is treine, busse en minibustaxi’s in alle stede die ruggraat van plaaslike pendelvervoer. Die aksies van vakbonde, stakings en prysverhogings veroorsaak dikwels vervoerprobleme wat die hele ekonomie beïnvloed en werkers wat moet pendel kan dae lank nie by die werk kom nie en verbeur dus hulle lone. Wanneer trokdrywers staak, kom sekere ekonomieë tot stilstand.