toerismehulpbronne — Afrikaans

Natuurlike asook mensgemaakte terreine, plekke, besienswaardighede, fasiliteite, dienste, skouspelle, gebeurtenisse of enige ander entiteit wat besoekers sal lok. Dit kan wissel van natuurreservate soos die Kruger Nasionale Park, tot fantasie-terreine soos Disneyland, tot gebeurlikhede soos popkonserte soos Oppikoppi en -feeste soos Woodstock, tot kulturele terreine soos die Wieg van die Mensdom wêrelderfenisterrein. Al die genoemde entiteite is toeristebestemmings (kyk “destinations”), maar die besoekers benodig dienste soos akkommodasie, voedsel, vervoer, inligting, gidse en gasvryheid wat ander mense die geleentheid bied om geld te maak uit die toeriste deur middel van dienslewering. Die mense wat die dienste lewer, is ook toerismehulpbronne, naamlik menslike hulpbronne. Aangesien baie vreemde besoekers gefassineer is deur die Suid-Afrikaanse townships soos Soweto en Gugulethu, het hierdie townships toeristebestemmings geword, en die individue en firmas wat toere na die townships aanbied, mense wat retourante en bed-en-ontbyt-akkommodasie in die townships bied, asook die fasiliteite wat hulle daargestel het, is toerismehulpbronne. Die toeriste self kan ook as ’n hulpbron beskou word. (Kyk “destination”, “carrying capacity”, “sustainability”, “sustainable development”, “eco-lodges” en “omgewingsondernemings”.)