topokadastrale kaart — Afrikaans

’n Kaart wat al die algemene beskrywende inligting van ’n topografiese kaart asook die kadastrale (of administratiewe) inligting (soos plaas-, distriks-, provinsiale en internasionale grense) van ’n kadastrale kaart bevat, is ’n topokadastrale kaart. Hierdie tipe kaart word baie algemeen deur ’n wye verskeidenheid wetenskaplikes asook die leke publiek gebruik. Die befaamde 1:50 000 topokadastrale kaart-reeks van Suid-Afrika is waarskynlik die mees algemeen gebruikte amptelike kaartreeks in die land. Hierdie kaarte is baie akkuraat, gebruikersvriendelik, pragtig aangebied en prysenswaardig. (Kyk “topographical map” en “cadastral map”.)