ruimtelike variasie — Afrikaans

Die voorkoms van verskynsels verskil van plek tot plek op die aardoppervlak, en plekke op Aarde verskil van mekaar. Eenvoudig gestel: verskillende goed kom op verskillende plekke voor, en sekere goed kom op sekere plekke voor, maar kom nie op sekere ander plekke voor nie. Geograwe bestudeer die voorkoms van verskynsels om die patrone waarvolgens hulle voorkom, vas te stel. Om die ruimtelike variasiepatrone maklik raak te sien, word die liggings van die verskynsels op die kaarte aangedui. Op sulke grafiese voorstellings is die ruimtelike voorkomspatrone maklik waarneembaar. Op grond van die ruimtelike variasiepatrone kan geograwe ’n verskeidenheid inligting bekom, en die oorsaaklikheidverhoudings kan moontlik afgelei word, terwyl ruimtelike interaksiepatrone (kyk “geodiversity”, “spatial distribution” en “spatial interaction”) ook onmiskenbaar blootgelê kan word. (Kyk “space-in-time perspective”, “spatial data” en “spatial pattern”.)