ruimtelike skaal — Afrikaans

Die metodes en graad waartoe ’n gebied proporsioneel “gekrimp” word na ’n grootte waardeur dit met die minste distorsie en verlies van detail op ’n vel papier of ’n rekenaarskerm voorgestel kan word. Ons kan nie ’n kaart van die Aarde op ’n skaal van een-tot-een (1:1) maak nie want ons sal ’n vel papier so groot as die Aarde benodig. Gevolglik moes ons die tegniek van skaal ontwikkel om ’n lang afstand op die Aarde deur ’n kort afstand op papier kan voorstel. Op ’n kleinskaal-kaart kan een sentimeter ’n duisend kilometer van die realiteit (die aardoppervlak) voorstel. Op ’n grootskaal-kaart kan een sentimeter ’n kort afstand soos ’n kilometer voorstel. Ingenieurs gebruik gewoonlik grootskaal-kaarte gebruik omdat baie detail daarop voorgestel kan word, terwyl min detail op kleinskaal-kaarte voorgestel kan word. Die skaal wat gekies word, word volgens die behoeftes van die gebruiker gekies.