ruimtelike verwysing — Afrikaans

Die beskrywing van die lokaliteit van enige punt op Aarde. Daar is ’n aantal stelsels van liggingsbeskrywing, maar normaalweg gebruik ons daardie stelsels wat algemeen gebruik word, naamlik absolute ligging en relatiewe ligging (kyk “location”). Met al die nuwerwetse satelliettegnieke, rekenaarkarteringstegnieke en gesofistikeerde geografiese posisioneringsstelsels (GPS’e) wat vandag tot ons beskikking is, het ruimtelike verwysing ’n uiters presiese wetenskap geword. Dit het dit ook die openbare sektor deur middel van globale posisioneringstelsels (GPS’e) wat vandag in byna elke motor op die pad gevind kan word, betree. Daar is egter steeds net een vaste verwysingstelsel, naamlik die ruitnet van breedte- en lengtegrade en dit is steeds die aanvaarde, mees korrekte en onbetwiste beskrywing van die ligging van enige punt op die Aarde. Nuwe tegnologie het ons net nuwe, meer eenvoudige maniere (soos die GPS’e in omtrent elke motor op die pad) gegee om die internasionale erkende netwerk te gebruik (kyk “location”).