ruimtelike entiteit — Afrikaans

’n Proses, veranderlike of verskynsel wat by ’n spesifieke plek of punt op die Aardoppervlak voorkom. Dit kan op ’n kaart aangedui word om die ligging daarvan te beskryf (kyk “location”). Dit kan ’n verskynsel wees wat op ’n sekere punt voorkom, of ’n verskynsel wat binne ’n sekere gebied of ’n paar gebiede voorkom. Dit kan egter ook ’n proses of aktiwiteit wees wat binne ’n beskryfbare gebied wat afgebaken en gekarteer word, voorkom (kyk “demarcation” en “location”). Die belangrike ding vir geograwe is, is dat die voorkoms van die entiteit gekarteer kan word.