ruimtelike ekonomiese ontwikkeling — Afrikaans

Die groei en evolusie van ekonomiese aktiwiteite binne ’n spesifieke gebied of streek asook tussen verskillende gebiede en streke (kyk “spatial economy”, “economic development” en “spatial economy”). Namate die wêreldekonomie globaliseer, raak die ruimtelike interaksie tussen ekonomiese entiteite meer ingewikkeld en verwikkeld. Ekonomiese geograwe bestudeer hierdie ruimtelike patrone (kyk “spatial pattern”) om vas te stel waarom sekere gebiede en aktiwiteite groei terwyl ander krimp. Die ruimtelike patrone verklik baie inligting oor die oorsake en gevolge van ontwikkelings. In sekere gebiede gedy ekonomiese ontwikkeling, maar in andere krimp dit. Dit is die verskynsels en prosesse wat ekonomiese geograwe bestudeer. Dikwels kan ’n enkele kaart van die ruimtelike interaksies tussen gebiede te same metsekere ekonomiese inligting die hele ontwikkeling, of gebrek daaraan, verduidelik. Ander veranderlikes, soos politiese stabiliteit en internasionale ooreenkomste speel natuurlik ’n reuse rol in die ontwikkeling van ekonomiese verbintenisse, maar daar kan ’n baie meer ingewikkelde oorsaak-gevolgverhouding wees en dit is dikwels polities van aard. Politieke en ekonomiese ekonomie kan eintlik nie van mekaar geskei word nie en moet gesamentlik as ’n komplekse verskynsel beskou word.