tydruimtelike perspektief — Afrikaans

Die wyse waarop geograwe die wêreld waarin ons leef, interpreteer. Verskynsels op Aarde verskil van plek tot plek (kyk “spatial distribution” en “spatial pattern”) en ook van tyd tot tyd op een en dieselfde plek. Geograwe bestudeer die ruimtelike patrone waarvolgens mense, verskynsels en prosesse voorkom, maar al hierdie patrone verander oor tyd. Wanneer ons dus die voorkomspatroon beskryf, is dit ’n beskrywing wat slegs vir daardie spesifieke tyd geld. Ons het dus die ruimtelike variasiepatroon vir tydstip 1 beskryf. Geograwe bestudeer egter ook verandering oor tyd. Alle ruimtelike patrone op Aarde verander oor tyd; dit is wat geograwe opgelei is om te bestudeer en te analiseer. Sou ons ’n paar jaar later (tydstip 2) dieselfde ruimtelike patroon bestudeer, sal ons waarskynlik ’n totaal ander patroon vind. Soms is ons meer geïnteresseerd in die koers van verandering en dan doen ons ’n longitudinale (tyd-) studie, wat meebring dat ons die ruimtelike patroon voortdurend of onderbroke oor ’n spesifieke tyd bestudeer. Alle ruimtelike patrone verander oor tyd en dit is wat geograwe opgelei is om te ontleed.