dienste — Afrikaans

Winsgewende transaksies tussen gewillige partye waarin geen tasbare goedere noodwendig in ander hande oorgaan nie. Een party het moontlik gespesialiseerde kennis waaraan ’n tweede party ’n behoefte het. Dikwels is die geld wat die ontvanger van die diens aan die diensverskaffer betaal die enigste goedere wat in ander hande oorgaan. Die dienssektor van ’n ekonomie sluit ’n enorme verskeidenheid van dienste in. Onderwys-, mediese, regs-, kulturele, artistiese, psigologiese, ontspannings-, gasvryheids-, vervoer-, sekuriteitsdienste en menige ander word deur almal in ’n moderne samelewing benodig. Die diensverskaffers is dikwels geregistreerde professionele praktisyns. Onwettige dienste word nie normaalweg ingesluit nie, maar in sekere lande is seksuele dienste deel van wettige dienslewering. Dienste maak ’n reuse gedeelte van die ekonomie in ontwikkelende lande uit (kyk “development” en “dual economy”). In die ontwikkelende lande en die lande in oorgang vorm dienste ’n kleiner gedeelte van die ekonomie en is nie so belangrik as produksie en vervaardiging nie. Dienste vorm deel van die tersiêre sektor van die ekonomie (kyk “countries in transition”, “development”, “dual economy” en “quaternary economical activities”).