asimut — Afrikaans

Die rigting van ’n voorwerp of plek vanaf ’n spesifieke punt of plek soos gemeet op ’n kaart met behulp van ’n gradeboog. Die ware noord-suidlyn (lengtelyn of meridiaan) word as verwysingslyn gebruik (kyk “geographical coordinate system”) en die hoekafstand word altyd kloksgewys gemeet. Asimut word as ’n hoekafstand vanaf ware noord uitgedruk. Dus kan ’n plek by N 42° O, of by N 127° O, of by N 193° W, of by N 294° W of enige ander plek oos of wes van die ware noord-suidlyn geleë wees. (Kyk “bearing” en “location”.)