relatiewe reliëf — Afrikaans

Die hoogteverskil tussen die hoogte bo see-vlak van die hoogste en die laagste punte binne ’n relatiewe klein gebied. Dit maak nie saak hoe hoog die gebied bo seevlak lê nie, en ook nie of dit ’n bergagtige of baie gelykliggende gebied is nie. Mens trek doodeenvoudig die hoogte van die laagste punt van die hoogte van die hoogste punt af.