hersirkulering — Afrikaans

Hergebruik van materiaal, hoewel nie noodwendig in dieselfde vorm nie. Ons kan nooit ontsnap van die fisiese wette van die behoud van energie en materie nie (kyk “incineration”) wat bepaal dat ons nooit van enigiets op Aarde ontslae kan raak nie, met die gevolg dat alle voorwerpe (items) wat ons vervaardig of skep vir ewig in een of ander vorm gaan bly bestaan lank nadat ons dit nie meer benodig nie. (See “development”, “dual economy”, “developing countries” and “countries in transition (CITs)”, “secondary economic activites” en “tertiary activities”.) Boonop verbruik ons van ons kosbare nie-hernubare hulpbronne in die vervaardiging van hierdie objekte (items) en uiteindelik gaan al ons nie-hernibare hulpbronne in objekte waarvoor ons geen nut meer het nie, “vasgevang” wees, terwyl ons ’n tekort aan hulpbronne gaan ervaar. Dit is kennelik ’n resep vir verlies in alle opsigte. Die logiese oplossing vir die probleem is dat ons minder moet verbruik en meer moet hersirkuleer en hergebruik. Hersirkulasie sluit sowel verminderde verbruik as hergebruik in, want ons hoef nie meer soveel items te vervaardig nie en dié wat reeds bestaan, sal hergebruik word of die materiaal waarmee dit vervaardig is, sal hergebruik word. Die heersende verbruikerskultuur is besig om ons nie-hernubare hulpbronne uit te put en ons wêreld te vul met objekte waarvoor ons geen nut het nie. Om hierdie kultuur te verander gaan nie binne een generasie vermag word nie, maar as almal saamwerk kan ons dit miskien regkry voor dit heeltemal te laat is. Daar is interessante, vindingryke vorme van hersirkulasie in verskillende dele van die wêreld, en dit is belangrik om daarop te let dat die onvergeeflike vermorsing veral in die ontwikkelde lande plaasvind, nie in die ontwikkelende lande nie. Prysenswaardige Suid-Afrikaanse pogings om te hersirkuleer is die Collect-a-Can-projek wat blikkies hersirkuleer, en Mondi en Nampak het albei suksesvolle papierhersirkuleringsprojekte. Daar is mense wat ’n bestaan maak deur gebruikte blikkies bymekaar te maak en per gewig betaal word vir die blikkies wat dan gebruik word om nuwe blikkies mee te maak. Nampak versamel afvalpapier vanaf die groot papierverbruikers soos Unisa wat dan vir die afvalpapier betaal word. Mondi verskaf stootwaentjies aan privaat individue om karton en afvalpapier bymekaar te maak en hulle word dan volgens die gewig daarvan vergoed. Die hersirkulering van glas is uiters suksesvol in Europa en Kanada, maar in Suid-Afrika het dit tot dusver beperkte sukses behaal. As gevolg van Suid-Afrika se talryke arm bevolking, vind baie voorwerpe hulle weg vanaf stortingsterreine na die informele nedersettings waar dit as boumateriaal vir krothuise (skuilings, of mokhukhus) dien. Op hierdie wyse vind hersirkulering toevallig plaas.