vennootskap, openbare-private samewerking — Afrikaans

Enige ontwikkelingsinisiatief waarin sowel die owerheidsektor (die regering) as die privaatsektor (of sakesektor) gesamentlik deelneem en fondse asook kundigheid of enige ander hulp bydra. Die owerheidsektor wat betrokke kan wees kan nasionaal, provinsiaal of plaaslike of ’n kombinasie wees. Een of meer privaat (nie-staat) liggame kan die privaatsektor in die projek verteenwoordig. Gewoonlik is so ’n samewerkingsooreenkoms op een spesifieke doel afgestem, byvoorbeeld die bou van ’n kleuterskool of sportvelde, of om ’n rommelverwyderingspoging te organiseer, of ’n vleiland te rehabiliteer, of om verswakte bejaardes te versorg of mense wat met MIV en Vigs leef te ondersteun, of om die onderwysfasiliteite en -kwaliteit van die onderwys te verbeter. Daar is geen beperking op die skaal van die projekte nie en geen veronderstelling dat die owerheid en die privaatsektor ’n 50/50 bydrae sal lewer nie. Dikwels dra een van die deelnemende partye die fondse by terwyl die ander een die organisasie van die arbeid en die fisiese aktiwiteite onderneem. Daar is ’n eindeloos wye verskeidenheid wyses waarop sulke samewerkingskemas kan ontstaan, voortbestaan en bestuur kan word en die sukses daarvan geëvalueer kan word. (Let wel Moet nie die Engelse afkorting “PPP” wat hierbo verstrek is, verwar met die afkorting “PPP” wat in omgewingsbestuur vir beleide, planne en projekte gebruik word.