openbare deelname — Afrikaans

Die insluiting van die publiek in die besluitneming oor ’n voorgestelde ontwikkeling of projek wat moontlik ’n beduidende impak op die omgewing kan hê. Die geïntegreerde omgewingsbestuurprosedure (IOB) maak voorsiening vir publieke deelname in besluitneming, en die Suid-Afrikaanse omgewingswetgewing (kyk “environmental management”) stel dit as ’n voorvereiste vir die voorlegging van ’n aansoek vir die toestemming om ’n ontwikkeling of projek uit te voer. Gevolglik moet alle geïnteresseerde en betrokke partye (IAP’s) geraadpleeg word vóór daar met ’n ontwikkelingsprojek begin word. Wetlik moet die voorsteller van ’n projek die plaaslike en wyer publiek verwittig van die voorgestelde projek, alle IAP’s ontmoet, al die besonderhede van die projek met hulle bespreek en ooreenkom, en hulle mening(s) in ag neem in die aansoek wat aan die besluitnemende liggaam voorgelê word om toestemming te verkry om ’n voorgestelde projek uit te voer. Dosyne voorgestelde projekte in Suid-Afrika is reeds afgekeur of ingrypend gewysig omdat daar nie vooraf genoegsame openbare deelname in die beplaning van die projek was nie. Om Suid-Afrikaanse omgewingsbestuurstelsel.