ortofotokaart — Afrikaans

’n Vertikale lugfoto (kyk “airphoto”) van ’n gedeelte van die aardoppervlak wat spesiaal geprosesseer is om ’n uiters bruikbare tipe topografiese kaart te wees. Dit is groot-skaal fotografiese kaarte (1:2 500, 1:5 000, 1:10 000 en 1:15 000) waarop kontoerlyne, kolhoogtes en annotasies aangebring is (kyk “contour maps”, “isometric lines” en “interpolation”). In Suid-Afrika is die amptelike reeks ortofotokaarte op ’n skaal van 1:10 000, maar slegs die hoof stedelike komplekse word deur die reeks gedek. Ortofotokaarte het een belangrike voordeel oor topografiese kaarte, naamlik dat hulle werklike foto’s is wat al die inligting oor daardie deel van die aardoppervlak met presiese akkuraatheid weergee. Een van die eienskappe van hierdie kaarte is dat – vanweë die groot skaal – dit 15 of 20 of selfs meer kaartvelle vereis om ’n stedelike kompleks soos Durban te dek, terwyl die hele gebied deur een enkele 1:50 000 topokadastrale kaartvel gedek word. In sekere omstandighede is dit meer voordelig om ’n topokadastrale kaart te gebruik, maar in ander gevalle kan ’n ortofotokaart nie oortref word nie as gevolg van die spesifieke detail wat dit verskaf. Dit mag ’n verrassing wees dat ortofotokaarte goedkoper is om te produseer as wat konvensionele topokadastrale kaarte is en dus makliker opgedateer kan word. (Kyk “topographical map”, “cadastral map” en “topocadastral map”.)