ordinale skaal — Afrikaans

Eienskapdata word met behulp van ’n metingskaal vasgelê. ’n Ordinale skaal verteenwoordig die relatiewe orde van waardes maar teken nie die omvang van verskille tussen waardes aan nie. Voorbeelde van ’n ordinale skaal sluit die gradering van hotelle (1-ster- tot 5-sterhotelle) of posisies in ’n wedren (eerste, tweede of derde plek) in. Ordinale data impliseer ’n orde (laag na hoog) in die eienskapdata en kan nie vir enige ander berekenings gebruik word nie.