oopbronsagteware — Afrikaans

Oopbronsagteware is rekenaarprogramme wat die bronkode aan enige gebruiker voorsien en is gewoonlik maklik toeganklik deur middel van ’n webportaal. Die gebruiker kan toevoegings programmeer, die kode bestudeer of dit verander. Alle verbeteringe word dan met al die gebruikers van die sagteware gedeel.