siektevoorkoms, morbititeit — Afrikaans

Die stand van swak gesondheid of siekte in ’n gemeenskap. Aangesien absolute getalle siek mense nie baie bruikbaar is nie en nie vir vergelykings gebruik kan word nie, word ’n morbiditeitskoers gewoonlik bereken om die staat van ongesondheid of siektevoorkoms in ’n gemeenskap te beskryf. Baie verskillende morbiditeitskoerse kan bereken word en gesondheidsowerhede moet die een wat hulle behoeftes die beste pas, kies. Indien 10 uit elke 1 000 mense in ’n gemeenskap siek is, terwyl 25 uit elke 1 000 mense in ’n ander gemeenskap siek is, kan daar geldige afleidings oor die gesondheidstatus van die twee gemeenskappe gemaak word. Maar daar is baie kompliserende faktore, by voorbeeld of al die mense ewe siek is; of hulle almal ewe lank siek is; en of die diagnoses betroubaar is. Gevolglik moet vergelykings baie versigtig gemaak word. In die geografie van gesondheid (of mediese geografie) is die data-insameling van die uiterste belang en baie moeilik. Mediese geograwe deel dikwels ’n allombekende, lugtige gemeenplaas, naamlik “eye-ball your data real close”.