of -gebruik, grondbenutting — Afrikaans
Enige vorm van benutting van land (grondgebied) vir menslike doeleindes. Twee duidelik onderskeibare vorme van grondbenutting word erken, naamlik landelike grondbenutting en stedelike grondbenutting. Eersgenoemde sluit landbou in die vorm van veeteelt en/of akkerbou in, asook rekreasie in ’n verskeidenheid vorme, soos staptogte, fietsry, ski, safari’s, dier- en voëlbesigtiging, ekotoerisme, en daardie onspesifieke ding wat ons “wegkom van alles af” noem. Stedelike grondbenutting sluit residensiële, opvoedkundige, industriële, kommersiële, en professionele aktiwiteite en dienste in.