infrastruktuur — Afrikaans

Die totale voorraad vaste bates en kapitaaltoerusting en -goedere, insluitend fabrieke, paaie, skole, spoorweë, watervoorsieningstelsels, landingstroke, kommunikasienetwerke, kraglyne, alle tipe geboue, geboude strukture en mensgemaakte bates (antropogene goedere) in ’n land, streek, stad of gebied. Infrastruktuur word as ’n determinant van die vlak van ekonomiese ontwikkeling beskou. Ekonomiese groei is positief gekorreleer met mens-gemaakte bates – hoe meer bates daar in ’n gebied of plek is, hoe hoër is die vlak van ekonomiese ontwikkeling. Infrastruktuur is sowel ’n voorwaarde vir as ’n gevolg van industriële en ekonomiese ontwikkeling.