groen politieke partye — Afrikaans

Politieke partye wat die omgewing as die basiese beginsel vir hulle konstitusie en ander beleide aanvaar (kyk “greening mainstream politics”). As gevolg van die groot algemene besorgdheid oor die omgewing, stem stemgeregtigdes vir politici wat na die beskerming van die plaaslike en globale omgewings sal omsien. In die meeste van die ontwikkelde, demokratiese state van Wes-Europa (byvoorbeeld Duitsland, Engeland, Swede, Denemarke, Noorweë, Nederland, België, Frankryk en Oostenryk), die Verenigde State van Amerika, Kanada, Australië, Nieu-Seeland, Japan, Ysland, en andere, is daar gevestigde groenpartye. Hierdie partye geniet soveel openbare steun dat hulle in sommige gevalle selfs koalisieregerings saam met ander partye kan vorm. In die ontwikkelende wêreld word politieke verteenwoordiging deur ander dryfvere bepaal en gevolglik is die omgewing nie so ’n groot rolspeler in die alledaagse politiek nie.