lugbesoedeling — Afrikaans

’n Toestand van hoër as normale vlakke van spoorbestanddele in die atmosfeer net bo die aardoppervlak. Só ’n toestand is dikwels antropogeen, dit wil sê die gevolg van menslike aktiwiteite. Normaalweg bevat die atmosfeer by die aardoppervlak 0,04 persent spoorbestanddele, maar wanneer mense groot hoeveelhede koolstofdioksied en/of -oksied, swaeldioksied en/of -oksied, stikstofoksiede, koolwaterstowwe (soos metaan), partikels (vastestowwe soos stof) en chlorofluorokoolstofverbindings (CFK’s) in die atmosfeer vrystel, styg die persentasie spoorbestanddele in die lug. Lug wat hoë konsentrasies besoedelingstowwe bevat, kan skadelik of selfs hoogs toksies vir mense wees, en oor die langtermyn mag dit moontlik tot klimaatsveranderinge aanleiding gee. (Kyk “acid rain” en “climate change”.)