fauna, dierelewe — Afrikaans

Die diere wat kollektief op ’n sekere tydstip in ’n sekere plek lewe. Dit sluit al die diere in wat gesamentlik deel van ’n ekosisteem uitmaak, totdat die ekosisteem verander en sekere diere wegbeweeg of uitsterf en die versameling diere in die sisteem verander. Dit kan verskeie dierespesies wat sowel groot diere soos olifante of walvisse as insekte en selfs mikroskopiese, eensellige vorme van dierelewe soos soöplankton insluit.