erosie — Afrikaans

Die groep denudasieprosesse wat die landoppervlak denudeer en verlaag deur middel van die meganiese en/of chemiese aksies. Verweringspuin word gevorm en weggevoer deur een of meer erosie-agent, naamlik gletsers, vloeiende water (oorlandvloei, wat ons ook afvloei noem, en riviere), seegolwe en -strome, wind, en massaverplasing (soos grondverskuiwings) wat deur gravitasie veroorsaak word (kyk “channelization” en “mass wasting”). ’n Erosie-agent wat puin bevat sal die oppervlak waaroor dit beweeg, afskuur (abrasie) en die puinpartikels self word ook weggeskuur deur abrasie en attrisie (die onderlinge botsings tussen die puinpartikels). Vloeiende water kan ook materiaal, soos die kalsiumkarbonaat vanaf kalksteen en dolomietgesteentes, in oplossing wegvoer. Erosie verskil van verwering daarin dat erosie die vervoer van die verweringsprodukte insluit (kyk “weathering”).