gelyke-intervalklassifikasie — Afrikaans

Die gelyke-intervalklassifikasiemetode is ’n metode wat ’n gelyk-gespasieerde stel klasse ten opsigte van die omvang van ’n veranderlike aanwys. Indien my veranderlike byvoorbeeld tussen 0 en 100 varieer, kan ek vyf klasse skep, naamlik 0 tot 20; 21 tot 40; 41 tot 60; 61 tot 80; en 81 tot 100, en die aantal veranderlikes in elke klas bepaal.