omgewingsbestuur — Afrikaans

’n Pluri-dissiplinêre veld van wetenskaplike ondersoek na die verhouding tussen mense en die natuurlike en mens-gemaakte omgewing. Die studieveld het ontstaan uit besorgdheid oor die toestand van die globale omgewing en alle plaaslike omgewings, en die effek van menslike aktiwiteite op die globale en plaaslike omgewing. Dit het gelei tot ’n gestruktureerde reguleringsisteem van ondersoek na die moontlike impak(te) van menslike aktiwiteite op die omgewing, en ’n wetlik afdwingbare proses van toestemming vir voorgestelde ontwikkelings of projekte. Kortom: dit is die gestruktureerde regulering van menslike besluitneming oor aksies wat moontlik ’n beduidende impak op die omgewing kan hê.