omgewingsonderneming — Afrikaans

Enige winsgewende privaatonderneming wat enige aspek van die omgewingsbedryf betrek. In die breedste sin sluit die term enige onderneming in wat gemik is daarop om geld te verdien uit een of ander omgewingsverwante aktiwiteit. Dit sluit enigeiets in wat strek van ’n landskapargiteksfirma, of firma van omgewingsimpakeksperte, tot avonturiers wat op soek is na historiese (kulturele) artefakte in ’n spesifieke natuurgebied, tot tuindienste, die bestuur van ’n eko-herberg of ’n bed-en-ontbyt waar stappers kan oornag, tot gidse wat besoekers op wildbesigtigingsritte vergesel, ’n klein roomysstalletjie in ’n wêrelderfenisterrein, tot groot firmas wat spesialiseer in die aanbied van internasionale omgewingskonferensies.