elektromagnetiese spektrum — Afrikaans
Alle materie met ’n temperatuur hoër as absolute nul (-273° Kelvin of -495,4° Fahrenheit) straal elektromagnetiese energie in die vorm van golwe met verskillende golflengtes uit. Die lig wat ons daagliks van die son ontvang, bestaan uit ’n wye verskeidenheid golflengtes. Sommige van hierdie golflengtes val binne die spektrum wat ons menslike oë kan waarneem, naamlik die sigbare spektrum bekend. Alle ander frekwensies van lig kan nie deur die menslik oog waargeneem word nie. Alle golflengtes van 0,4 mikron tot 0,7 mikron is binne die sigbare spektrum. Korter golflengtes is onsigbare ultraviolet- en X-strale, en dié met golflengtes langer as 0,7 mikron is onsigbare infrarooi strale, mikrogolwe en radiogolwe. Hoewel ons oë nie hierdie golflengtes buite die sigbare spektrum kan sien nie, is daar spesiale films en ander afstandswaarnemingtoestelle wat dit kan doen. Die oog wat deur die kamera kyk om die foto te neem, kan net die sigbare gedeelte van die elektromagnetiese spektrum sien, maar die spesiale film in die kamera kan meer vaslê as die oog wat deur hom kyk. Een algemene voorbeeld van die gebruik van onsigbare liggolwe, is die kortgolf X-strale wat algemeen in diagnostiese gesondheidsorg gebruik word en eintlik ’n onontbeerlike hulpmiddel in die mediese praktyk geword het. Netso is ruimtelike analise sonder die gebruik van langgolf afstandswaargeneemde data deesdae ondenkbaar. Net soos gesondheidsorg sonder die hulp van X-strale beswaarlik denkbaar is, is ruimtlke analise sonder die hulp van langgolf, infrarooi afstandswaargenome data ondenkbaar. Die gebruik van langgolf-afstandwaargeneemde data het die gebruik van fotografie in geografiese en ander ruimtelike navorsing onomkeerbaar verander. Afstandswaarneming vanaf baie hoë hoogtes met behulp van satellietbeelde het gevestigde, standaard data-insamelingstegnieke in geografiese navorsing geword, en het data-insameling gerewolusioneer. Vandag is dit ’n alomgebruikte data-insamelingstegniek en die bestudering van die tegniek het ’n spesialisasieveld binne Geografie geword. Geografiese navorsing sonder die gebruik van satellietdata is so ondenkbaar as gesondheidsorg sonder X-straalfoto’s.