stippeldigtheidskaarte — Afrikaans

Dit is kaarte met stippels wat in poligone geplaas word in verhouding tot ’n numeriese waarde van ’n veranderlike. Hulle word gebruik om die bevolkings van lande of provinsies, of ander numeriese data wat met gedefinieerde areas ooreenstem, weer te gee. Meer stippels beteken hoër vlakke van die veranderlike, byvoorbeeld een stippel per 1 000 inwoners.