DEM, digitale elevasiemodel — Afrikaans

’n Digitale elevasiemodel (DEM) is ’n rasterstel van elevasies wat gewoonlik in ’n eenvormige horisontale ruitnet gespasieer word. ’n DEM is ’n digitale uitbeelding van die topografie van die oppervlak van die aarde. Digitale elevasiemodelle word in ’n GIS gebruik om hellings, aspekte en hidrologiese opvanggebiede te genereer.