datamodel — Afrikaans

’n Datamodel is ’n metode om ruimtelike en nie-ruimtelike komponente van werklike entiteite op ’n rekenaar uit te beeld. Die datamodel word deur ’n proses van abstraksie geskep. Dit is nie moontlik om elke enkele besonderheid van ’n gebou vas te lê nie. Vir die doeleindes van ’n datamodel moet jy besluit hoe jy die gebou ruimtelik gaan voorstel en watter eienskappe van die gebou jy wil vaslê – byvoorbeeld, die gebou word as ’n punt voorgestel en jy lê sy tipe (soos ’n huis, winkel, pakhuis en fabriek) vas.