keëlprojeksie — Afrikaans

’n Kaartprojeksie wat ’n keël as die ontwikkelbare oppervlak gebruik. Die meridiane (lengtelyne) straal vanuit ’n gespesifiseerde toppunt uit. Die toppunt is gewoonlik bo die pole geleë. Twee parallelle (breedtelyne) word gekies as die breedteliggings waar die keël die aarde kruis.