konforme projeksie — Afrikaans

’n Kaartprojeksie is konform wanneer dit vorm vir sommige gedeeltes van die kaart bewaar. As twee paaie mekaar byvoorbeeld teen ’n hoek van 60 grade in die werklikheid kruis, sal dieselfde paaie mekaar ook teen ’n hoek van 60-grade op die kaart kruis – 1:500 000 Suid-Afrikaanse lugvaartkaarte gebruik konforme projeksies.