onderskiet — Afrikaans

’n Onderskiet is ’n tipe digitaliseringsfout. Onderskiet gebeur dikwels wanneer vektordata gedigitaliseer word. ’n Onderskiet vind plaas wanneer ’n lyn voortydig eindig en ’n voorgenome konneksie met die eindpunt van ’n ander lyn of segment nie moontlik is nie. Hierdie foute kan vermy word deur ’n knipafstand daar te stel wanneer nuwe datastelle gedigitaliseer word.