turbiditeit, troebelheid — Afrikaans

Verminderde deursigtigheid van die atmosfeer of die water in ’n waterliggaam. Dit word veroorsaak deur die verstrooiing van lig deur gesuspendeerde soliede of vloeistofpartikels. Troebelheid is een van die standaardeienskappe waarvoor watervoorsieners die water deurgaans moet toets. ’n Hoë troebelheid van water kan maklik en goedkoop deur die byvoeging van sekere skadelose chemikalieë opgelos word. In die atmosfeer kan hoë turbiditeit egter nie opgelos word nie en kan soms vertragings in lugverkeer veroorsaak.